Wonderlike dinge gebeur...
... om ’n tafel! Om ’n tafel word geëet, gedrink, gekuier, gesels, gelag. Om ’n tafel word ook geween, bemoedig, probleme opgelos of sake gedoen. ’n Tafel is ’n plek waar families en vriende byeenkom en waar bande gebou word. ’n Tafel is ’n plek vir gemeenskap.
Jesus – ons Gasheer – het ook ’n tafel. Hy nooi ons uit om saam met Hom te eet, maar veral om sy hart en lewe met ons te deel. Hy sien uit daarna (Luk. 22:15) om jóú by sy tafel te ontmoet!
Eet die Brood is 'n kort reeks oor die Nagmaal, waarin ons die agtergrond, geskiedenis, betekenis en gebruik van die Nagmaal ondersoek. Vier Nagmaal - saam met Hom!
Inhoud
1. Van Pasga tot nagmaal - Hoe lyk ’n Joodse Pasga en wat beteken dit?
2. Nagmaal in die Skrif - Wat het gebeur toe Jesus die Nagmaal ingestel het?
3. Nagmaal in die Kerke - Hoe is die Nagmaal deur die eeue verstaan en beoefen?
4. Die Betekenis van die Brood - Wat beteken die element van die brood vir ons?
5. Die Betekenis van die Wyn - Wat beteken die element van die wyn vir ons?
6. Wat Beteken die Nagmaal? - Wat is die betekenis van die Nagmaal as ons aansit?
7. Vier die Nagmaal - Hoe moet ek die Nagmaal benader as ek dit vier?
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier