In die Tempel


In die Tempel

IN DIE TEMPEL is 'n kursus in 18 dele waarin ons die heiligdomme en tempels in die Skrif bestudeer.

Ons begin by die altare van die aartsvaders en kyk dan na die tabernakel, die eerste en tweede tempel in Jerusalem, en die sogenaamde "derde tempel" wat nog voorlê. Dan kyk ons na die tempel in die tyd van die Nuwe Testament, en wat die vernietiging van die tempel in 70 n.C. beteken. Ons spandeer egter die meeste tyd aan die betekenis van die tempel, met al sy koper en goue implemente vir ons vandag. Die tempel was 'n plek van ontmoeting met God, maar as sulks was dit ook 'n metafoor vir ons eie ontmoetings met die Here. Ons dek breedweg die volgende inhoud:

Die vroeë heiligdomme van Israel
Die eerste en tweede tempels, die derde tempel
Jesus en die tempel, en die tempel in die Nuwe Testament
Die poorte en voorhowe
Die koper altaar, die koper waskom en die koper pilare
Die goue tafel, die goue kandelaar, die goue altaar
Die voorhangsel, die allerheiligste en die ark
Die werk van die priesters
Die heiligdom in my hart
Die heiligdom in die Nuwe Jerusalem

Sluit by ons aan vir hierdie opwindende en betekenisvolle reis! Laai gerus die Voorblad en Inhoud, asook Deel #1, hieronder af, om na die inhoud en uitleg te kyk.

IDT#0 Inhoud.pdf

IDT#1 Inleiding.pdf

Ons het die volgende terugvoer oor In die Tempel ontvang:

Hallo ds Jimi, weer uit my hart wil ek jou bedank vir die reeks In Die Tempel wat (B) met ons vrouens doen. Jy het ongelooflike navorsing gedoen, ek verstom my oor al die feite wat daar uitkom. Baie dankie dat jy dit met ons deel. Die hoogtepunt van die reeks vir my was verseker Les nr 17, dit het my geleer wat is stiltetyd werklik, ek het so baie geleer oor die gebedslewe en oor stilte saam met Hom, ek voel elke dag wat ek dit nou doen soveel nader aan Abba Vader, en tog Hy was nog altyd daar, dis net dat ek nou soveel nader aan Hom beweeg. Prys die Here. (F)


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.