Morele Kompas


Morele Kompas

Moet ek die wet hou? Dis 'n verkeerde vraag...

Die Here het ons die Tien Gebooie gegee as 'n samevatting van sy wil. Dit is ons gids vir 'n lewe wat God behaag. Dit is ons morele kompas. Dit wys tien rigtings uit waarin ons groei moet wees. "Ongelukkig" maak die Bybel dit duidelik, en ons eie ervaring ook, dat ons dit nie in eie krag kan nakom nie. "Gelukkig" help die Gees ons om te groei in die rigting van elkeen van hierdie tien doelwitte. In hierdie kursus (15 weke) gaan ons in groter diepte hierop in.

Inhoud:

  • Ons kyk eers na ons verhouding tot die Tien Gebooie as deel van die wet van Moses - hou ons die wet?
  • Ons behandel dan die wet en die tien rigtings elkeen afsonderlik (gebod vir gebod oor 10 weke) en sien hoe hulle pragtig uiteenvou van die een na die ander.
  • Dan kyk ons na geestelike volwassenheid en ‘n lewe deur die Gees - die enigste manier hoe ons in God se wil kan lewe!
  • Ek deel ook in 'n bylaag oor die polemiek van Sabbat of Sondag, wat weer in die kerk na vore kom die laaste tyd. Ons lê klem op die onderliggende beginsels aan die hand waarvan ons afleidings in die verband maak.

Morele Kompas is ideaal vir persoonlike groei, vir die aanbied van byeenkomste of vir bespreking in kleingroep-verband.

Laai die eerste dele hier af:

MOV - Voorblad

MO1 - Wet


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.