Engel-Notas


Engel-Notas

Die Bybel leer die bestaan van engele

Die Bybel leer die bestaan van engele uitdruklik in honderde verwysings. Engele is heilige, kragtige en intelligente wesens wat in God se diens staan. In hierdie kort kursus van slegs 6 weke wil ons meer oor hulle leer en deur hulle teenwoordigheid bemoedig word. Ons sal spesifiek die Bybelse en Christelike leer oor engele bestudeer, met hier en daar verwysings na die apokriewe ter wille van interessantheid. Wat ons egter spesifiek sal vermy is die hedendaagse New Age of okkulte engele-kultusse wat populêr is, maar niks anders is nie as die vyand se namaaksel van God se heilige engele, wat geen eer vir hulleself aanvaar nie. Die kursus is onlangs nuut uitgelê en redigeer.

Inhoud

  1. Eienskappe van engele
  2. Soorte engele
  3. Die taak van engele
  4. Die ‘Engel van die Here’
  5. Engele vandag
  6. Ons benadering tot engele

Leer meer oor hierdie inspirerende wesens wat aangestel is om ons te dien en te help!

Laai die eerste dele hier af:

ENV - Voorblad

EN1 - Eienskappe


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier

Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.