Groen Geestelik


Groen Geestelik

Die aarde is ons pragtige groen en blou planeet

Die aarde is deur God gemaak en behoort aan Hom

Die aarde is aan ons gegee as ons huis

Die aarde is aan ons bestuur en toesig opgedra

Die aarde - ons huis - is in 'n ernstige krisis

Hebsug, materialisme, oorverbruik, misbruik, verwaarlosing, vermorsing, ontbossing, verlies van spesies, versteuring van die ekologie, aardverwarming, klimaatsverandering - dit is wat die mens met sy huis gedoen het.

Dit is hartseer dat gelowige en ongelowige hieraan meedoen. Gelowige en ongelowige wil ewe min betrokke wees om die krisis af te weer. Gelowiges en ongelowiges wil eerder die probleem ontken, of redeneer dat ons tog maar die aarde gaan agterlaat.

Ons moet oor die aarde praat - van Christen tot Christen!

In hierdie kursus maak ons dit duidelik dat klimaatsverandering 'n realiteit is - en 'n geweldige krisis. Ons kinders sal nie verstaan waarom ons só 'n wêreld aan hulle agter gelaat het nie. Ons maak dit duidelik dat dit 'n diep geestelike saak is, omdat God se opdrag om te BEWERK en te BEWAAK baie duidelik is, en omdat daar 'n diep verband tussen die Skepper, die skepsel en die skepping is, wat ons nie kan ontken nie. ONS is verantwoordelik en ONS moet iets aan die saak doen. En ons kan!

Reis saam met ons in hierdie geestelike, maar baie praktiese kursus oor die aarde! Vind uit wat verkeerd loop en wat daaraan gedoen kan word. JUIS GELOWIGES moet in hierdie saak voor loop. Trouens, ons glo as Christene nie hierin voorgaan nie, ons alle geloofwaardigheid verloor. Word ingelig en word bemagtig - in tien kort, duidelike en praktiese dele.

Die inhoud is soos volg:

1. Wat God gesê - God se opdrag

2. Wat ons gedoen het - Feite en statistieke

3. Waarom dit gebeur het - Oorsake en gevolge

4. Waar ons verkeerd is - Misverstande onder Christene

5. Waar die wêreld verkeerd is - Die sisteem van die wêreld

6. Wat ek kan doen #1 - “Reuse”

7. Wat ek kan doen #2 - “Reduce”

8. Wat ek kan doen #3 - “Recycle”

9. Waar ons nog moet verander - Morele denke en dade

10. Waartoe dit moet lei - Die regte uitkoms

Laai hier die eerste dele af:

GG#0 - Voorblad en Inhoud

GG#1 - Wat God  gesê het


Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.

Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad:
kliek hier

.