Sterk Skrifte
Ons begin die jaar met 'n splinternuwe kursus - "Sterk Skrifte". Ons neem 21 van die kragtigste geloof-wekkende verse en gaan dieper daarop in. Ons bedoel tipiese verse soos "Ek ken die planne ek vir julle koester", "Ek is tot alles in staat deur Christus wat vir my krag gee", "Verlustig jou in die Here, en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart" en "Alles werk ten goede mee". Ons kombineer dit telkens met sterk geloofsuitsprake - affirmations - om jou met God se waarhede te herprogrammeer. Bybelstudie-vrae vir jouself of die kleingroep word ingesluit.
Sterk Skrifte se inhoud is soos volg:
Padlangs Kursusse word weekliks per e-pos uitgestuur aan die PADLANGS vennote wat daarvoor ingeskryf is. Dit is Christelike selfstudie-kursusse en bedoel vir geestelike groei. Daar is geen eksamens of assessering nie, en ook geen akkreditasie of sertifikaat nie.
Vir VOLLE inligting oor kursusbydraes en -reëls, kliek hier
Vir 'n oorsig oor AL ONS KURSUSSE, kliek hier
Skryf vir hierdie kursus in met die BLOU SKAKEL op hierdie blad: kliek hier